1 Meaning
Add Yours
Follow
Share
Q&A

WINTERSDAG BY DIE SEER Lyrics

skepe van eensaamheid sink
verdrink die dae van die week
die warm smart wat somer bring
sing
kriewelend, spasties, kruipend
ek is honger en my klere stink
jy skyn
welkomend, heilig basuin
jy jou lokvalle uit
as ek wou
sou ek my koers huis toe vind?
ek is honger en my klere stink
en die rooi branders breek
oor 'n swart strand van seer
en die wit lyne sny
reguit deur my
my dokter het vir my
pille voorgeskryf
dit hou my kalm
as omstandighede my bedreig
dit laat my droom
en ek was vir 'n lang ruk
siek gewees daarvoor
ek is dommer, maar ek lewe nog
en die rooi branders breek
oor 'n swart strand van seer
en die wit lyne sny
reguit deur my
1 Meaning

Add your song meanings, interpretations, facts, memories & more to the community.

Add your thoughts...
Cover art for WINTERSDAG BY DIE SEER lyrics by Fokofpolisiekar

"En die rooi branders breek oor 'n swart strand van seer en die wit lyne sny reguit deur my." Ek sien net vir Hunter hier op 'n afgelee strand sit terwyl die son onder gaan en die rooi lig oor die see val. Pragtige digkuns!!! My all time gunsteling song!

 
Questions and Answers

Ask specific questions and get answers to unlock more indepth meanings & facts.

Ask a question...