1 Meaning
Add Yours
Follow
Share
Q&A

DIE ILLUSIE VAN VEILIGHEID Lyrics

goedkoop kitssatisfaksie
volgraan fase 4
mezzanine messias van die woonbuurt
ek is baie bly om jou te sien
opsoek na bewyse dat ek lewe
laatnag plesier
die res lag harder as ek
ek lag nie vir flou grappe nie
dis klaar te laat
luister julle nie?
ek voel asof ek met myself praat
en daar's geen pad vorentoe nie
so wat doen ons nou?
ons los ons ruite oop
en ons het nie diefwering nie
ek het familie wat nie bloed is nie
dit help nie veel vir hoe ek voel nie
jy's lui, jy's selfsugtig en jy luister nie
als wat jy kry moet jy
by die venster uit smyt
ons sal rond sit en raas
dieselfde wyshede herhaal
in 'n vuil sitkamer sukkel jy om te leef
sonder rigting is dit moeilik om jouself te wees
wat doen ons nou?
ons los ons ruite oop
en ons het nie diefwering nie
ek het familie wat nie bloed is nie
dit help nie veel vir hoe ek voel nie
jy's lui, jy's selfsugtig en jy luister nie
daar's niks wat ons keer nie
ons los ons ruite oop
en ons het nie diefwering nie
ek het familie wat nie bloed is nie
dit help nie veel vir hoe ek voel nie
jy's stadig en jy werk nie goed met ander nie
1 Meaning

Add your song meanings, interpretations, facts, memories & more to the community.

Add your thoughts...
Cover art for DIE ILLUSIE VAN VEILIGHEID lyrics by Fokofpolisiekar

eerste comment, awesome.

Ek het nog nie veel oor die liedjie gefilosofeer nie, maar ek dink die liedjie se naam beskryf hom perfek.

 
Questions and Answers

Ask specific questions and get answers to unlock more indepth meanings & facts.

Ask a question...